Thursday 7 May 2015

Koppies Kaaskoek




Koppies Kaaskoek
Bestanddele
Kors...
200 g (1 pakkie) Romany Creams
60 ml (4 e) botter, gesmelt

Vulsel
400 g (1 blik) aarbeie, gedreineer
250 g (1 bakkie) roomkaas
175 g (1 bakkie) aarbeijogurt
60 ml (4 e) aarbeisap (gedreineer)
20 ml (4 t) gelatien
Bestanddele
1 Kors Kap koekies fyn en meng met gesmelte botter.
2 Verdeel tussen 12 teekoppies en druk liggies met agterkant van teelepel vas.
3 Vulsel Kap aarbeie tot pulp en meng roomkaas en jogurt daarby.
4 Sprinkel gelatien oor aarbeisap om te spons. Verhit net paar sekondes in mikrogolf tot gelatien gesmelt is. Moenie dat dit borrel nie. Roer gelatien vinnig by aarbeimengsel.
5 Verdeel tussen teekoppies en plaas in yskas tot gestol.
6 Rond af met vars aarbeie of soos verkies.