Friday 29 May 2015

Gerda se meringue-roulade met sjokolade en haselneut



Gerda se meringue-roulade met sjokolade en haselneut

Bestanddele

BESTANDDELE:
Roulade
7 Eierwittte
500ml Strooisuiker
15ml Mielieblom
15ml Kakao
60g Gekapte Haselneute
VULSEL
Sjokoladeroom:
200g Sjokolade
100ml Room
Versoete room:
100ml Room
45ml Strooisuiker

Instruksies

Smeer 1 rolkoekpan en voer uit met bakpapier.
Roulade
METODE:
1) Smeer ’n rolkoekpan en voer uit met bakpapier.
2) Klop die eierwitte tot sagtepunt-stadium en voeg die strooisuiker bietjies vir bietjies by.
3) Sif die mielieblom en kakao saam en voeg by.
4) Vou die haselneute in.
5) Skep in rolkoekpan.
6) Bak vir 10-12 minute teen 200°C. Stel die hitte af na 160°C en bak vir verdere 15 minute. Keer uit op effe klam vadoek.
7) Laat koel af vir 10 minute, vul en rol versigtig op.
VULSEL
Sjokoladeroom:
Bring room tot naby kookpunt, giet oor sjokolade. Roer tot alle sjokolade gesmelt is.
Versoete room:
Klop room styf met versiersuiker.
Afronding:
1) Smeer die sjokolade mengsel eweredig oor die roulade.
2) Smeer dan die room eweredig oor.
3) Rol versigtig in die breedte op.
4) Stof versiersuiker oor en rond af met sjokolade-spatsels.