Thursday 7 May 2015

Eurika se Eat-Sum-More Beskuit



Eurika Buckle se Eat-Sum-More Beskuit
 
Ekt hom gekry..huis nou net lekker deurmekaar..lag. Ek deel dit graag met jul.

Eat-Sum-More Beskuit:
1...   Roer Saam:  500g Botter en 2 K Suiker.
2...   Klits saam:  2 x Ekstra Grt Eiers met 2 K Lou Water
3...   Sif saam:  1,5kg Bruismeel, 2 T Bakpoeier en 1 T Sout


Meng 2 en 3 beurtelings by 1 in ..

Rol Balletjies, pak in gespuite panne en bak +- 'n uur by 180grade C

En dis dit.. so 'n eenvoudige reseppie maar dis verby lekker.
Ek maak dit gewoonlik sommer dubbeld aan vir darem die moeite werd. Jammer ek kan nou nie die klaar gebak wys nie, maar ek sal sodra die vakansie begin vir die kleinkinders bak en dan sal ek weer 'n fototjie opsit.   Ek sit die resep maar solank op want eks seker ekt jul nuuskierig oor die resep wat ek so naarstigtelik gesoek het