Thursday 7 May 2015

Annalie se kindermatras




Annalie Joubert
 
Nouja ladies, hiers die patroon! Maak eers al die dele klaar en werk dan vas aan basis/onderste deel. Omdat ek 'n luiperd gemaak het het ek die "baard" uitgelaat en die ore effens verander.
Ek het dik watteersel gebruik behalwe die stert en kussing het ek met spons gevul. Die boonste gedeelte het ek baie stewig met my hand aangewerk. Maak ‘n kussing van dieselfde materiaal. Die gesig het ek met akrielverf opgeverf en middelde gedeelte van oȅ met “glitter” beklemtoon. (Jy kan dit natuurlik apliek as jy wil.) Die lengte van die lyf is 95cm wanneer voltooi, dis groot genoeg vir ‘n kleuter 4-6 jaar. Maak groter as jy dit vir ‘n langer/ouer kind wil maak. Gaan mal en geniet die uitdaging!