Tuesday 26 May 2015

BIERBROOD MET SPEK




BIERBROOD MET SPEK
250 g streepspek
500 g (4 koppies) bruismeel
½ teelepel sout...
2 eetlepels suiker
1 blikkie (340 ml) bier
85 ml water


1 eier, geklits
1 koppie cheddarkaas, gerasper
• Spuit ’n platboomswartpot van sowat 25 cm in deursnee met kleefwerende sproei. Voer die pot se binnekant met die spekrepies uit – die punte wat te lank is, kan maar oor die rand van die pot hang.
• Sif die meel in ’n groot bak, voeg die sout en suiker by en roer dit deur. Skink die bier, water en eier in die middel van die meel en meng totdat dit net-net gekombineer is.
• Roer die kaas deur die mengsel en skraap die deeg in die spekpot. Vou die spekpunte bo-oor.
• Krap ’n enkellaag kole in ’n sirkel oop, ’n klein bietjie wyer as die pot se bodem, en sit die pot op ’n driehoek of plat klippe neer sodat dit oor die middle van die kole staan en die hitte onderdeur sirkuleer.
• Pak ’n paar kole bo-op die deksel en bak die brood stadig vir omtrent ’n uur. Probeer die hitte deurentyd konstant hou. Die brood is gaar wanneer ’n mes wat jy in die middel insteek, skoon uitkom