Bennie Boekwurm-speelput
Anél Smit van Wellington het hierdie Bennie Boekwurm-speelput vir haar kleindogter gemaak sodat ‘sy ‘n lekker speelplek het waar sy kan opkrul as sy wil slaap, snoesig sit as sy wil boek lees of sommer net op haar eie kan speel met haar lappop’.
...
Die basis is ‘n sirkel met ‘n deursnee van een meter wat sy uit kunsleer geknip het. Die rand is 45 cm hoog en sy het dit uit digte spons van 5 mm dik gesny. Sy het die spons met gordynmateriaal oorgetrek nadat sy dit met appliekwerk versier het. Laaste het sy ‘n groot, sagte kussing gemaak om binne-in te sit.
(Idees)
(Idees)