Monday 11 May 2015

AARTAPPELS POPS




AARTAPPELS POPS
2 koppies kapokaartappels (oorskiet kapokaartapp...els werk lekker)
1 eier geklits
2 eetlepels koekmeel
Gouda kaas of kaas van jou keuse in blokkies gesny
Fyngekapte oorskietvleis soos hoender, vark,vis, wors of bully beef
Meel, vir oorstrooi

Sout en vars gemaalde swartpeper
Gebruik pan of deepfryer vir die bak
Meng die geklitste eier , kapokaartappels , en 2 eetlepels. meel saam deeglik in 'n medium bak.
Gebruik 'n nat hand, maak 'n balletjie van die aartappels om en by die grootte van 'n gholfbal. Neem jou vinger en druk 'n gaatjie in die middel van die balletjie groot genoeg om 'n stukkie van die kaas in te druk . Druk 'n stukkie van die kaas in die gaatjie en dan liggies werk die aartappels rondom die kaas sodat dit ‘n ronde bolletjie vorm. Doen dieselfde met jou vleisstukkies
Plaas jou bolletjies op ‘n plaat en sprinkel van die ekstra meel oor die bolletjies. Skud die oortollige meel af
Verhit kookolie tot 180 grade of medium hoë hitte. Plaas die poppers in die olie en braai tot goudbruin. Verwyder en dreineer. Geur onmiddelik liggies met sout en vars gemaalde peper.