Friday 24 April 2015

Vinnige ontbyt vir ‘n noodgeval!




Vinnige ontbyt vir ‘n noodgeval!
Bestanddele
4 ronde broodrolletjies...
8 snytjies ham / bros gebraaide spek / oorskietvleis
4 eiers
½ koppie (125 ml) Mozzarella- of Cheddarkaas, gerasper
1 eetlepel (15 ml) pietersielie, grof gekap


Metode
Voorverhit oond tot 180°C.
Sny die bokante van die broodrolletjies horisontaal af en hol die binnekant effens uit.
Voer die binnekant van die broodrolletjie met 'n lagie ham of gebraaide spek uit of skep die oorskiet vleis daarin.
Breek 'n eier in elke broodrolletjie en verdeel die kaas tussen elkeen.
Sprinkel met pietersielie.
Plaas die bokant van die broodjie terug en bak vir 10 - 12 minute