Friday 24 April 2015

Steurgarnale op stokkies



Steurgarnale op stokkies
Omdat die steurgarnale oopgevlek word, trek die marinade dwarsdeur die soet vleis. 
Braai steurgarnale baie vinnig, oor baie warm kole, tot die doppe pienk verkleur. Te lank, en dit raak melerig.
■ Ongeveer 36 groot steurgarnale, met dop en kop en al ruglangs oopgevlek en dermpies verwyder
Marinade
 ■ 60 ml olie
 ■ 60 ml suurlemoensap
 ■ 2 knoffelhuisies, fyn gedruk
 ■ 10 ml sojasous
 ■ 10 ml heuning
 ■ 10 ml gekapte vars pietersielie
 ■ Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
Pak die oopgevlekte garnale in ’n enkellaag in ’n nie-metaalbak. Meng die marinadebestanddele saam en giet oor die garnale. Bedek en laat marineer in die yskas vir ongeveer 30 minute.
Haal uit die yskas, ryg 3 steurgarnale op 2 stokkies, soos op die foto, en laat bereik dit weer kamertemperatuur. Braai vinnig oor baie warm kole, tot die doppe pienk verkleur en die garnale gaar is. Verf nou en dan met die marinade terwyl die sosaties braai. Lewer 6 porsies as voorgereg