Tuesday 7 April 2015

Sjokolade-en-malvalekker-stafies



Sjokolade-en-malvalekker-stafies
Lewer 16 – 20
Bereiding: 15 min.
Verkoel: 3 uur
Gaarmaak: 8 min.
500 g donkersjokolade, gekap
 15 ml (1 e) botter
 15 ml (1 e) gouestroop
 50 g mini-malvalekkers

 100 g neute, gerooster en gekap
 100 g geglaseerde kersies
 50 g Tennis-koekies, grof gekap
Voer ’n bakpan van 20 x 20 cm uit met bakpapier.
1.Smelt die sjokolade, botter en gouestroop in ’n bak oor ’n pot pruttende water tot glad en glansend.
2.Verwyder van die hitte en vou die oorblywende bestanddele in.
3.Plaas in die bereide bakpan, laat afkoel tot kamertemperatuur en sit 3 uur in die koelkas of tot die sjokolade geset het. Sny en sit voor.