Tuesday 7 April 2015

Marmite muffins




Marmite muffins

Bestanddele
1 k (250 ml) koekmeelblom
 4 t (20 ml) bakpoeier
 knippie sout
 ½ k (125 ml) botter
 1 k (250 ml) Cheddarkaas, gerasper
 1 eier
 ¾ k (190 ml) melk
 1 t (5 ml) mosterdpoeier
 1 t (5 ml) rooipeper
 2 t (10 ml) Marmite
Marmitesous
 1 e (15ml) botter
 2 e (30ml) Marmite

Metode
Voorverhit die oond tot 180°C en spuit ‘n 6 holte muffin-pannetjie met kleefwerende sproei.
 Sif die meel, bakpoeier en sout in ‘n mengbak saam.
 Voeg die botter by die meel en vryf in met vingerpunte tot die meel soos broodkrummels lyk.
 Klits die eier en melk saam en voeg die mosterd, rooipeper en Marmite by.
 Roer die nat bestanddele by die droë bestanddele tot net gekombineer.
 Skep die beslag in die voorbereide muffin-pannetjie en bak vir 20 - 25 minute of tot ‘n toetspen skoon uitkom.
 Bedruip met die Marmitesous terwyl die muffins warm is.
Marmitesous
 Verhit die bestanddele in ‘n kastrol oor lae hitte, tot die botter gesmelt is.