Tuesday 21 April 2015

Ranunculus (Ranonkels)

In my ma se winter tuin het hierdie pragtige helderkleurige blomme altyd gespog met hul vrolikheid.

Ranunculus (of soos ons sommer se Ranonkels) is wonderlike kleur vir enige tuin in die winter en dis ook 'n baie maklike blom om te plant.  Kry jou pakkie blombolletjies by die kwekery en plant soos agterop aangedui.  Dis letterlik 'n geval van "druk in die grond en gee water".  So maklik.  Hulle is nie vol fimies nie.  Volson en water - dis die belangrikste.  Hulle blomtyd is so vanaf Julie tot September en as hul klaar geblom het kan jy die bolletjies uithaal en op 'n droe plek bere tot jy hul volgende jaar weer wil plant.
(April maand is 'n goeie tyd om hul in die grond te kry - so plant nou.)