Thursday 9 April 2015

PITA MET SITRUSHOENDER EN DILLE SLAAI



PITA MET SITRUSHOENDER EN DILLE SLAAI

Geniet ‘n opwindende variasie op ‘n klassieke hoenderslaai. Vir ‘n sterker suurlemoengeur kan jy ook die skil gebruik. As dille nie jou gunsteling krui is nie, kan dit vervang word met vars tiemie of kruise...mentblare. Jy kan ook ‘n oop toebroodjie hiervan maak met glutenvrye brood of rol dit in ‘n bruinrys tortilla op.
Lewer 4 porsies
BENODIG:
•3 koppies gaar hoenderborsies, opgesny
•4 klein selderystokkies, fyngekap
•4 eetlepels rooi-uie, fyngekap
•1 opgehoopte eetlepel vars dille, fyngekap
•4 eetlepels organiese of streng vegetariese mayonnaise
•2 teelepels suurlemoensap

•Seesout en swartpeper (of suurlemoenpeper)
•2 groot volgraan pita’s, gehalveer
•Rooi blaarslaai
•Tamatie in skywe, in skywe gesny (opsioneel)
MAAK SO:
1.Meng die hoender, seldery, uie, mayonnaise, dille, suurlemoensap, sout en peper in ‘n mediumgrootte mengbak.
2.Vul elke pitahelfte met ‘n slaaiblaar, ‘n sny of twee tamatie en dan ‘n kwart van die hoenderslaai.