Thursday 9 April 2015

KERRIE AFVAL




KERRIE AFVAL:
MAROELA MEDIA - Bron: Tannie Poppie Kook, word uitgegee deur Human & Rousseau
BENODIG:
• 1 skaapkop en -afval
• ʼn paar heel kruienaeltjies
• sout en peper na smaak...
• kerriepoeier na smaak
• 5 ml suiker
• 30 ml koekmeelblom
• 30 ml asyn of suurlemoensap

• 25 ml koue water
MAAK SO:
1. Krap alles skoon en was dit goed af. Kap die kop oop, sny die tong uit en kap dan die neusbene weg.
2. Sny al die los beentjies uit, sny die kop in twee en was dit baie goed.
3. Haal die harsings uit, sit dit in ‘n stukkie pens en werk dit goed toe.
4. Trek die vleis van die pens uit, sny dit in klein stukkies en was dit goed skoon.
5. Kap die pootjies in twee.
6. Sit alles in ʼn pot, gooi die pot vol water en sit ʼn paar kruienaeltjies by.
7. Geur met sout en peper.
8. Maak die kerriepoeier, suiker en koekmeelblom met die asyn of suurlemoensap en koue water aan. Roer by die afval.
9. Laat dit lank kook – kook tot die vleis sag is, die beentjies uitval en die sous mooi dik en slymerig is.