Thursday 16 April 2015

Mareli se onderstebo appel-en-kaneelkoek



Mareli se onderstebo appel-en-kaneelkoek

 Bestanddele

Bolaag
250 ml donker bruinsuiker
125 ml water
75 g botter
5 ml kaneel
4 appels
Koek
375 ml bruismeel
5 ml bakpoeier
4 eiers
250 ml strooisuiker
5 ml vanieljegeursel
125 g botter, gesmelt

Instruksies


  1. Voorverhit die oond teen 160 °C en smeer ’n koekpan van 24 cm met botter en voer uit met bakpapier.
  2. Plaas die donker bruinsuiker, 125 ml water, 75 g botter en 5 ml kaneel in ’n kastrol oor matige hitte en roer tot opgelos. Verhit tot kookpunt en prut tot die stroop ’n goue kleur het.
  3. Sif die meel en bakpoeier saam. Klits die eiers, suiker en vanieljegeursel baie goed tot liggeel en dik (8-10 minute).
  4. Vou die meelmengsel daarby in. Giet die botter oor en vou dit ook in.
  5. Gooi die karamelstroop onder in die pan. Sny die appels in skywe en pak in die stroop.
  6. Skep die koekbeslag bo-op die appels en bak vir sowat 40 minute of tot gaar.
  7. Laat die koek vir 10 minute in die pan afkoel voordat dit omgekeer word op ’n opdienbord. Sit louwarm voor met room