Thursday 16 April 2015

Gerda se onderstebo lemoenkoek



Gerda se onderstebo lemoenkoek

 Bestanddele
Berei die pan voor
2-3 lemoene (in skywe gesny en liggies in suikerwater gekook tot die skil sag is)
30 ml botter, gesmelt
10 cm vars gemmer, gerasper
25 ml heuning
50 ml bruinsuiker
Koek
125 ml botter
125 ml strooisuiker
2 eiers
500 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
100 ml vars lemoensap
7,5 ml Cointreau-likeur
60 ml fyn amandels

Instruksies


Berei die pan voor
  1. Meng die botter, suiker en gemmer en druk teen die bodem van die pan.
  2. Pak die lemoenskywe bo-op die bottermengsel en giet heuning oor.
  3. Plaas is yskas tot die koekbeslag gemeng is.
Koek
  1. Room die botter en strooisuiker.
  2. Sif die koekmeel en bakpoeier saam.
  3. Voeg die koekmeelmengsel, geklitse eier, lemoensap, likeur en amandels by die bottermengsel.
  4. Klits die eierwitte saam en voeg by die meelmengsel.
  5. Bak vir 40 minute tot ligbruin en gaar.
  6. Haal uit die oond en laat in die pan rus vir nog 30 minute.
  7. Verwyde uit die pan en bedien met vars room.