Wednesday 29 April 2015

Maklike nagereg met 3 bestandele Yskaskoek




Maklike nagereg met 3 bestandele Yskaskoek
Bestandele:
3 Pakkies Instant pudding (aangemaak soos aangedui op pakkie)
1 na 2 pakkies tennisbeskuitjies, ‘cream crackers’ of vingerkoekies
250ml room (styfgeklop)...
Metode:
Pak tennisbeskuitjies onder in bak
Smeer jou 1ste laag poeding
Pak weer beskuitjies


Smeer 2de laag beskuitjies
Gaan so aan tot al die beskuitjies en poeding klaar is.
Jy kan soveel lae pak soos jy wil.
Sit in yskas vir tenminste 6 ure of oornag
Voor opdiening;
Smeer styfgeklopte room bo-op
Strooi sjokolade stukkies oor, stukkies kersies, neute, klapper of sjokolade sous, of enige van jou kombinasies, pas aan na jou smaak.
Wenk:
Jy kan 3 verskillende poedings gebruik bv. vanilla, butterscotch en piesang. Dit sal die nagereg mooi laat vertoon.
Gooi bietjie Old brown sherry oor die koekies ook indien verkies