Wednesday 29 April 2015

KITS SUURLEMOENVLATERT



KITS SUURLEMOENVLATERT:
500ml melk
100ml suiker
25ml vlapoeier
10ml botter...
100ml suurlemoensap
397g (1 blik) kondensmelk

1¼ pak Tennisbeskuitjies
Maak vla van die melk, suiker en vlapoeier. Voeg die botter daarby en laat dit effens afkoel. Klits die suurlemoensap en kondensmelk saam. Pak ‘n laag beskuitjies in ‘n reghoekige bak. Gooi helfte van die gekondenseerde melkmengsel daarop en smeer gelyk. Pak weer ‘n laag beskuitjies bo-op en gooi die helfte van die louwarm vla daaroor. Herhaal die lae. Rasper van die beskuitjies bo-oor en laat dit goed afkoel.