Friday 10 April 2015

Heel skenkels




Heel skenkels
Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 10 min....
Gaarmaak: 3½-4 uur
4 heel skaapskenkels
sout en peper
olie
2 uie, gekap
2-3 knoffelhuisies, fyngedruk

droë gemengde kruie
braaivleisspeserye
500 ml (2 k) vleisaftreksel
4 aartappels, geskil
250 g wortels, in groot stukke gesny
gerasperde skil van 1 suurlemoen
gekapte pietersielie
1. Sny kepe in die vleis van die skenkels en vryf dit in met die sout en peper.
2. Verhit die olie in ’n swartpot en braai die skenkels tot bruin. Skep uit.
3. Braai die uie en knoffel tot glansend.
4. Plaas die skenkels terug in die pot. Sprinkel die kruie en braaivleisspeserye na smaak oor.
5. Giet die vleisaftreksel by en laat 3½ uur prut of tot die vleis byna sag is.
6. Voeg die aartappels en wortels by, geur met die sout en peper en laat sowat 20 minute prut tot net gaar.
7. Sprinkel die suurlemoenskil en pietersielie oor.
8. Sit voor saam met mieliepap of stampmielies.