Tuesday 21 April 2015

AMARULA DRIEHOEK VRIESKASTERT





AMARULA DRIEHOEK VRIESKASTERT

100g botter
60ml strooisuiker...
250g roomkaas
1 eier
18 Tennisbeskuitjies
rooi & groen kersies

75ml Amarula likeur
200g donkersjokolade
1 Peppermint Crisp
Room botter en strooisuiker, klits eier en voeg by, roer roomkaas en 50ml Amarula by tot goed gemeng.
Plaas in vrieskas tot halfpad gevries.
Pak Tennisbeskuitjies op foelie in 3 x 6 rye .
Sit lepelsvol van roomkaasmengsel op middelste ry , pak rooi & groen kersies bo-op en plaas res van mengsel daarop.
Vou buitenste Tennisbeskuitjies boontoe om 'n driehoek te vorm, vou foelie om en plaas tert in vrieskas tot heeltemal gevries.
Smelt donkersjokolade en roer 25ml Amarula by.
Smeer buite om tert en versier met stukkies
Peppermint Crisp. Sny in snye en bedien as 'n spesiale bederf