Thursday 26 March 2015

Wortel & Lemoen Marmelade




Wortel & Lemoen Marmelade

850gr. Wortels, grof gerasper
Skil van 2 Lemoene
Skil van 2 Suurlemoene...
200ml. Lemoensap
850gr. Witsuiker

Metode:
Kombineer al die bestanddele in ‘n groot kastrol en verhit tot kookpunt. Draai die hitte effens af tot ‘n vinnige prut.
Kook tot mooi dik maar nie heeltemal droog nie. Verwyder van die hitte en laat afkoel.
Verpak in ‘n glasbottel of plastiekbak met ‘n deksel. Sal vir baie weke lank in die yskas hou