Thursday 26 March 2015

Gevulde Volstruisfrikadelle





Gevulde Volstruisfrikadelle

500gr. Gemaalde Volstruisvleis
Ongeveer 8 Bocconcini Kaasbolletjies
1 Teelepel gemaalde Koemyn...
Sout & Peper na smaak
Skil van 1 Suurlemoen, gerasper
Vars Kruie soos Pietersielie of Basiliekruid

Metode:
Plaas al die bestanddele behalwe die kaas in ‘n mengbak en meng goed deur.
Neem nou ‘n klein hoeveelheid van die vleismengsel en rol dit in ‘n bal tussen jou handpalms.
Druk die vleis plat en plaas een bolletjie van die kaas bo-op. Werk nou versigtig die kante van vleis oor die kaasbolletjie. Sodra die kaas heeltemal bedek is maak seker daar is geen gate nie. Herhaal tot al die kaasbolletjies gebruik is. Verkoel tot benodig.
Maak die frikadelle gaar in ‘n warm pan met ‘n paar eetlepels Olyfolie tot mooi bruin en die kaas versag het.
Laat effens afkoel en bedien as ‘n snoephappie of saam met pasta.