Tuesday 31 March 2015

Tuna-aartappels met gesmelte kaas




Tuna-aartappels met gesmelte kaas

Genoeg vir: 4
Bereidingstyd:
10 minute
Gaarmaaktyd:
30 minute
Oondtemperatuur:
180 °C

• 4-8 aartappels, afhangend van die grootte
• 2 blikkies tunastukke
• 3 sprietuie, fyngekap
• 2 wortels, geskil en gerasper
• 250 ml mayonnaise
• 50 ml tamatiesous
• 200 ml gerasperde mozzarella
• slaai, om voor te sit

1 Prik die aartappels en maak dit vir 7-10 minute halfgaar in die mikrogolfoond. Pak dit dan op ’n bakplaat en rooster dit vir 20 minute in die verhitte oond.

2 Meng intussen die tuna, sprietuie, wortel, mayonnaise en tamatiesous en geur dit na smaak.

3 Sny die gaar aartappels oop en skep die tunamengsel binne-in. Sprinkel kaas bo-oor en rooster dit onder die oond se element tot die kaas goudbruin is. Sit dit voor met ’n slaai.