Tuesday 31 March 2015

Lasagne Tuinmaak (Lasagne Gardening)

Wat op aarde het Lasagne met Tuinmaak uit te waai, sou jul seker wou vra.....  Wel eintlik beskryf Lasagne die hele konsep baie goed.  (Ek doen dit al jare lank in my eie tuin, maar het nooit geweet daar is 'n spesifieke omskrywing hiervoor nie.) 

Eintlik beteken dit net dat jy nie noodwendig 'n stuk grond hoef te staan en om spit met 'n graaf voor jy begin plant nie. 
Jy kan eenvoudig lae van organiese materiaal op mekaar plaas bo-oor 'n stuk grond (soos jy Lasagne in 'n bak sou "layer") en dan kry jy fantastiese grond waarin jy 'n groentetuin kan aanplant.  Jy begin deur 'n laag karton en/of koerantpapier oor die beplande stuk grond te gooi.  Daarna kan jy alle tuin afval (soos herfsblare) bo-oor gooi.  Groente skille uit die kombuis kan ook bygevoeg word en natuurlik kraalmis indien jy het.  (Dis amper soos om 'n komposhoop te maak, maar hierdie gaan sommer reguit na die plantplek.)  Probeer jou bolae herhaal tot jy diep genoeg grond het waarin jou groente kan floreer.  (As jy baie tyd tot jou beskikking het kan jy die stukkie grond nou so laat oorwinter voor jy saai en plant, of jy kan heelbo dit afeindig met 'n laag "Topsoil" (te koop by jou kwekery / of sommer van jou eie tuingrond) - dan kan jy maar onmiddelik begin saai of plant. 
Ek gebruik ook hierdie selfde metode vir my plantbakke by die agterdeur waarin ek my kombuis groente plant en my plante floreer.
(Die prentjie hier bo het ek geleen by die internet om die konsep mooi te beskryf.  fenelonfalls.info)