Friday 20 March 2015

Tiaan se kamma-mosbolletjies met nartjie en anys




Tiaan se kamma-mosbolletjies met nartjie en anys

Bestanddele

500 g koekmeel
15 g (1 ½ pakkies) droë kitsgis
60 g (75 ml) witsuiker
2,5 ml sout
25 ml anyssaad

Fyngerasperde skil van 2 nartjies of lemoene
40 g versuikerde sitrusskil + ekstra vir oorstrooi
50 g botter
125 ml druiwesap
100 ml louwarm water
100 ml louwarm melk
60 g suikerblokkies, grof gestamp
Eierwas (eier gemeng met water of melk)

Instruksies



Wenk: As jy nie ’n brioche-pan het nie, moenie kommer nie. Jy kan die deegbolletjies ook in ’n muffin-, koek- of broodpannetjie bak. Die nartjies kan met lemoen vervang word.
  • Smeer ’n brioche-pan.
  • Meng die meel, kitsgis, suiker, sout, die fyngerasperde naartjieskil en 40 g versuikerde skil in ’n groot mengbak.
  • Verhit die botter en druiwesap in ’n kastrol totdat die botter gesmelt is. Laat dit afkoel tot liggaamstemperatuur. (Moenie die melk by die druiwesap voeg nie; dit sal skif).
  • Voeg die bottermengsel en louwarm water by die droë bestanddele en meng goed.
  • Voeg die louwarm melk by, meng en knie goed tot deeg glad en elasties is. Bedek deeg met kleefplastiek of deegkombers en laat vir sowat 25-40 minute op ’n warm plek staan totdat dit goed gerys het.
  • Plaas deeg op ’n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is. Knie, rol 40 g suikerblokkies (grof gestamp) by die deeg in en laat rus vir 10 minute.
  • Knyp agt ewe groot stukke af en vorm bolletjies. Plaas ’n bolletjie in die middel van die pan en pak ses rondom. Plaas die oorblywende bolletjie bo-op die middelste bolletjie, en bedek met kleefplastiek en teedoek. Laat dit op ’n warm plek staan warm plek staan totdat dit dubbel die grootte gerys het (sowat 30 minute).
  • Voorverhit die oond tot 180 °C.
  • In ’n bakkie, meng die orige anyssaad, ekstra versuikerde lemoenskil en orige suikerblokkies (grof gestamp) oor.
  • Smeer eierwas bo-op en strooi die anyssaad-mengsel bo-oor.
  • Bak vir 15 minute (sit foelie bo-oor om te keer dat die suiker en skil té donker brand). Bak verder tot gaar. Verwyder uit pan en laat afkoel.