Tuesday 17 March 2015

Superrugby-ontbytpastei




Superrugby-ontbytpastei

 


Bestanddele
2 rolle x 400 g-velle skilferkorsdeeg
1 eetlepel (15 ml) olie
250 g spekrepies, in stukke gesny
1 koppie (250 ml) knopie-sampioene, in kwarte gesny
6 kersietamaties, in kwarte gesny
sout en swartpeper na smaak
½ koppie (125 ml) Cheddarkaas, gerasper
6 gekookte eiers, in kwarte gesny
1 eier, geklits

Metode
Verhit oond tot 180°C.
Spuit ‘n 6 x 9 cm-holte muffinpan met kleefwerende sproei.
Rol die skilferkorsdeeg liggies op ’n meelbestrooide oppervlak uit.
Sny 6 sirkels met ‘n ±15 cm deursnee uit die deeg, asook 6 kleiner sirkels met ‘n ±10 cm deursnee uit die oorblywende deeg.
Voer die muffinpan met die groter deegsirkels uit, en plaas dit in die yskas om bietjie te rus.
Verhit die olie in ’n braaipan, en braai spek tot gaar.
Voeg die sampioene en tamaties by, en braai vir nog 5 minute.
Geur goed met sout en peper.
Sprinkel kaas onderin elke uitgevoerde holte.
Verdeel die spek en sampioen- en tamatiemengsel tussen elke pastei.
Rangskik 4 eierkwarte bo-op die sampioene, en bedek met die ekstra deegsirkels.
Seël die rande goed, en verf met geklitste eier.
Bak vir 20 - 25 minute tot die deeg goudbruin en gaar is.