Tuesday 17 March 2015

Snoek-viskoekies met appel




Herman se "No-Google" resep (Snoek-viskoekies met appel)

 


Bestanddele
200 g gesmoorde snoek
2 knoffeltoontjies, fyngemaak
1 takkie tiemie, of 'n handvol pietersielie
60 g gedroogde appelringe, fyngekap
2 eetlepels botter
2 eiers, geklits

Metode
Verwyder grate uit snoek, maak die vis fyn.
Kap appelringe in fyner stukkies as die snoek.
Meng alles saam, behalwe die eiers.
Voeg die eiers stadig by, totdat dit die tekstuur van klam grond het.
Maak ronde koekies.
Bak in olie tot bruin.
Rol in parmesaankaas, of fyngemaakte hawermout.