Friday 6 March 2015

Romerige texas-kaassteak




Romerige texas-kaassteak
Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 20 minute
Rustyd: sowat 1 uur of oornag
Gaarmaaktyd: 5-10 minute...
STEAK EN MARINADE
2,5 kg Texas-steak
sap en skil van 2 suurlemoene
25 ml (5 t) worcestersous

vars gemaalde swartpeper
4 knoffelhuisies, fyn gekap
45 ml (3 e) olyfolie
sout
BOLAAG
100 g cheddarkaas, gerasper
100 g mozzarellakaas, gerasper
145 g bloukaas, gekrummel
2 eiers, geklits
35 ml heelkorrelmosterd
sout en gemaalde swartpeper
30 ml (2 e) gekapte pietersielie
gebakte aartappelwiggies en roketslaai vir voorsit
1. STEAK EN MARINADE Sny die steak in porsies van 200-230 g. Meng die res van die bestanddele vir die marinade behalwe die sout en mariner die steaks oornag of ’n paar uur.
2. Verhit die oond tot 230 °C en verhit ’n riffelpan tot baie warm.
3. Braai die helfte van die steaks in die verhitte riffelpan. Braai 2-3 minute aan albei kante en sout sodra die steaks geseël is. Wag tot die pan weer baie warm is voor jy die volgende steaks braai. Dit is belangrik om die steaks teen ’n baie hoë hitte te seël.
4. Skep die gebraaide steaks op ’n voorbereide bakplaat en laat ’n paar minute rus.
5. BOLAAG Meng al die bestanddele vir die bolaag en deel die vulsel tussen die steaks.
6. Skep die vulsel op die steaks en rooster sowat 5 minute in die oond.
7. Sit voor saam met gebakte aartappelwiggies en roketslaai.