Friday 6 March 2015

Maak jou eie hummus





Maak jou eie hummus

Jy benodig
• twee gekapte knoffelhuisies
• 75 ml suurlemoensap
• een blik gedreineerde keker-ertjies
• 125 ml tahini (sesamsaadpasta)
• 5 ml komyn
• 5 ml fyn koljander
• 5 ml sout
• olyfolie (genoeg om ’n smeerbare pasta te verkry)
• 20 ml gerasperde suurlemoenskil
• 50 ml dukkah of gekapte vars kolander

1 Meng die knoffelhuisies, suurlemoensap, blik gedreineerde keker-ertjies, tahini, komyn, koljander en sout in ’n voedselverwerker.

2 Pols vir ’n paar sekondes, voeg olyfolie by en pols weer tot glad.

3 Skep die mengsel uit die voedselverwerker en roer die suurlemoenskil dukkah of gekapte vars koljander by.