Wednesday 4 March 2015

Maklike 15 minute-vlapotjies




Maklike 15 minute-vlapotjies
Die beste vla-resep.
Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 5 min. ...
Gaarmaak: 15 min.
250 ml (1 k) klapperroom
250 ml (1 k) melk
5 ml (1 t) vanielje-ekstrak

5 eiergele
125 ml (½ k) strooisuiker
10 ml (2 e) mielieblom
knippie sout
200 g sjokolade-tenniskoekies, gekrummel
250 ml (1 k) kersies in stroop
100 g donker sjokolade, gekap
1. Verhit die klapperroom, melk en vanielje-ekstrak in ’n kastrol oor matige hitte en roer tot dit kookpunt bereik. Plaas die eiergele, strooisuiker, mielieblom en ’n knippie sout in ’n mengbak en klits met ’n klitser 3 min. of tot die mengsel dik en vaal is.
2. Klits die warm klapperroommengsel geleidelik ’n lepel vol op ’n slag in en gooi dan in ’n skoon pan oor lae hitte. Roer aanhoudend 10 min. of tot die mengsel soos ’n dik vla lyk.
3. Verdeel die gekrummelde koekies tussen opdienglase. Verdeel die kersies tussen die glase. Druk hulle af en bedek met die vla. Herhaal die proses tot al die bestanddele gebruik is. Bedek met sjokolade.
4. Verkoel 30 min. en sit dan voor.