Monday 9 March 2015

Kaserige oondhoender met spek





Kaserige oondhoender met spek
Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 20 minute
Gaarmaaktyd: 30 minute
8 hoenderborsfilette...
sout en peper
500 ml (2 k) koekmeel
3 eiers, geklits

500 ml (2 k) fyn droë broodkrummels
250 g spekvleis, in stukkies gesny
250 g sampioene
250 ml (1 k) room
125 ml (½ k) gerasperde
bloukaas of 250 ml (1 k)
gerasperde sterk cheddarkaas
slaai vir voorsit
Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n oondbak.
1. Geur die hoenderborsies met sout en peper en rol in meel.
2. Doop in die geklitste eier en rol dan in broodkrummels. Pak in die oondbak.
3. Braai die spek tot gaar, voeg die sampioene by en braai tot gaar. Voeg die room by en giet oor die hoender in die pan.
4. Sprinkel die kase oor, bedek en bak sowat 30 minute tot die hoender sag en gaar is. Verwyder die bedekking en bak tot bruin.
5. Sit voor met slaai.
WENK
Vlek die hoenderfilette en stop met die spekvleis. Rol in die krummels en braai effens voor jy dit in die oond plaas.