Monday 9 March 2015

BILTONG, KAAS- EN UIE-POTBROOD





BILTONG, KAAS- EN UIE-POTBROOD
500g bruismeel 1 bier ...
1½ koppies gerasperde Cheddarkaas 250ml fyn (nat!) biltong
125ml fyn, bruingebraaide uie

Meng die meel en bier goed. Voeg 1 koppie kaas, die biltong en ui by en meng alles saam. Plaas dit in jou gesmeerde pot en bedek met die res van die kaas (180 grade ongeveer 45 minute) Bak tot gaar. Toets met 'n skoon mes of totdat hy onderkant mooi hol klink. Eet warm met plaasbotter en konfyt

VARIASIES: (Sonder die biltong en uie)
'n Pakkie droë, bruin uiesop.
'n Eetlepel of twee Marmite of Frey Bentos.
Neute en rosyne.
Spek (brosgebraai en gekrummel)
Olywe, kappers en ansjovis
Baie vars knoffel en pietersielie; gemengde kruie van jou keuse.