Thursday 12 March 2015

Kaaswors-omelet




Kaaswors-omelet
GENOEG VIR 2 MENSE
 Bereiding: 20 min.
 Gaarmaaktyd: 10-15 min.
VULSEL
 4 repies spek,
 grof gekap
 2 kaasbraaiworsies, in skyfies gesny
 125 ml (½ k) gerasperde cheddarkaas
 2 stingeluie, gekap
WITSOUS
 25 ml (5 t) botter
 1 ui, fyn gekap
 25 ml (5 t) koekmeel
 200 ml melk
 sout en pas gemaalde peper
OMELET
 4 eiers
 60 ml (¼ k) melk
 sout en pas gemaalde peper
 15 ml (1 e) botter
1.Vulsel Verhit ’n pan en braai die spek tot bros. Voeg die worsies by en roerbraai ’n paar minute. Skep uit en hou eenkant.
2.Witsous Verhit die botter in ’n kastrol en braai die ui tot sag. Roer die meel en dan geleidelik die melk by. Laat prut tot verdik en geur met sout en peper.
3.Omelet Klits die eiers en melk en geur met sout en peper. Verhit die botter in ’n pan, skep die helfte van die eiermengsel in en bak 2 omelette (sien onder). Herhaal.
4.Smeer van die witsous op elke omelet en versprei van die worsmengsel, kaas en stingeluie bo-op. Vou toe en sit dadelik voor.
Maak so ‘n omelet Smelt die botter in ’n kleefvrye pan en giet die eiermengsel in. Lig die kante van die omelet en wag tot dit borrel Draai dan omen bak ’n paar sekondes