Friday 13 March 2015

Flan-kolwyntjies




Flan-kolwyntjies
Lewer 24 kolwyntjies

1½ k suiker...
4 eiers
2 k koekmeel
1 e bakpoeier
1 t sout
1½ t melk
4 e (60 ml) kookolie

1 t vanieljegeursel
versiersuiker
1 blikkie gekookte kondensmelk
1 k room, geklop
1 bakkie vars aarbeie of frambose
Voorverhit die oond tot 180 ºC. Spuit 2 kolwyntjiepanne met kossproei.
1 Verroom die suiker en eiers met ’n elektriese menger.
2 Sif die meel, bakpoeier en sout saam. Meng die melk, olie en vanieljegeursel.
3 Voeg die meelmengsel en eiermengsel om die beurt bymekaar en meng goed. Skep die beslag in die kolwyntjiepanne en bak 12-15 minute.
4 Verwyder die kolwyntjies uit die oond en druk vinnig ’n diepere holte in elkeen met die agterkant van ’n soutpot of iets soortgelyks.
5 Laat heeltemal in die panne afkoel, dan kom dit later makliker uit die pan.
6 Sprinkel die versiersuiker oor die kolwyntjies. Vul elkeen met die gekookte kondensmelk gevolg deur ’n hopie geklopte room en die aarbeie of frambose.
Wenk Verkrummel ’n paar gemmer koekies en sprinkel dit ook bo-oor.
Wenk Plak gemmerkoekies met gekookte kondensmelk op mekaar vir ’n vinnige nagereg-