Tuesday 24 March 2015

Halfuur-wors-en-broccoli-pasta



Halfuur-wors-en-broccoli-pasta
Genoeg vir 4-6 mense
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 30 min.
...
1 kop broccoli, in blommetjies gesny en geblansjeer
4 knoffelhuisies, in skywe gesny
½ rooi-ui, in skywe gesny
250 g kersietamaties, middeldeur gesny
100 g sampioene, in skywe gesny
45 ml (3 e) olyfolie
sout en peper
500 g hoenderwors
250 g pasta
100 g sondroëtamatie-pastasous
Voorverhit die oond tot 180 ⁰C.
1. Meng die broccoli, knoffel, ui, kersietamaties en sampioene in ’n groot oondbak met die olyfolie en geur met die sout en peper. Skud die bak ’n bietjie om alles egalig in ’n enkellaag te versprei.
2. Druk die hoenderwors tussen die groente in. Bak 15 minute en meng alles dan weer versigtig. Bak nog 15 minute tot die groente gebak en die wors deurgaar is.
3. Kook die pasta intussen in ’n groot pot gesoute water volgens die aanwysings op die verpakking tot al dente.
4. Haal die gebakte groente uit die oond. Meng die pasta met die pastasous en voeg die gebakte groente in. Sny die wors in skywe en meng ook in.