Monday 16 March 2015

Basiese Koekies




Eschelle DE Jonge
 
Basiese Koekies ; 250g botter of margarien, 125ml witsuiker, 125ml geelsuiker,1ekstra groot eier,5ml vanieljegeursel,500ml koekmeel,3ml bakpoeier,5ml koeksoda,knippie sout Voorverhit die oond tot 180 C. Smeer n bakplaat.Verroom die botter en wit en geelsuiker tot romerig.
Voeg die eier asook die vanieljegeursel by en klits goed. Sif die droe bestandele saam en voeg by die bottermengsel. Meng goed. Rol in okkerneutgrotte bolletjies en plaas ver uitmekaar op die voorbereide bakplaat. Doop 'n vurk in koekmeelblom en druk die bolletjies platter. Bak sowat 15-20minute lank of totdat die koekie gaar is - pasop vir brand. Laat effens afkoel op bakplaat en pak dan op n draadrakkie om heeltemal koud te word. Pak in lugdigte houer wanneer heeltemal koud is. Lewer sowat 40koekies

Vir grondboontjiekoekies : Vervang helfte van die botter deur grondboontjiebotter en gaan verder te werk soos beskryf by die basiese koekieresep ; Vlakoekies ; Verminder die koekmeelblom tot 400ml en voeg 200ml vlapoeier by die droe bestandele. Gaan verder te werk soos beskryf by die basiese koekieresep : Gemmerkoekies ; Voeg 40-45 fyn gemmer by die droe bestandele en gaan verder te werk soos beskryf by die basiese koekieresep ; Klapperkoekies ; Voeg 250ml klapper by die droe bestandele en gaan verder te werk soos beskryf by die basiese koekieresep; Dis absolute wen resep ; Geniet