Wednesday 18 February 2015

Spinasie Ham Tert




Spinasie Ham Tert
1 ui fyn gekap
1 klein bakkie mushrooms, gesny
Bietjie botter
Halwe pak gevriesde spinasie, ontdooi en gedreineer
1 koppie gesnipperde ham
5 eiers
1 k volroom melk
1 e Aromat
1 t swart peper
150g gerasperde cheddar
Braai die uie en mushroom in botter tot gaar. Gooi spinasie en ham by en braai tot regdeur warm en gaar. Hou eenkant tot afgekoel.
Klits die eiers en melk goed saam en roer die aromat en peper in.
Meng die spinasie mengsel met die kaas en gooi in ‘n glas bak.
Giet die eiermengsel oor.
Bak op 180 ongeveer 1uur tot gaar en gestol.
Laat 15 min afkoel.
Bedien met ‘n slaai van jou keuse
‘n Baie lekker simpel slaaitjie wat ek gereeld maak:
Tamatie en uie slaai
Sny tamaties en uie in baie klein blokkies.
Sprinkel bruin asyn oor.
Strooi nou versoeter/suiker oor na smaak.
Geur verder met sout en peper na smaak