Thursday, 29 January 2015

ROOMPOFFERTJIES




Cathy Henstock-Scholtz

ROOMPOFFERTJIES                                                                           
(Stel oond op 220 grade celcius)

250ml koekmeel, 125ml margarien, 250ml water, 2ml sout, 4 eiers.

Sif meel, en sout. Sit water op stoof, en wanneer net begin kook, voeg margarien by.Draai hitte af, en voeg vinnig, meel by die water en margarien. Roer baie vinnig, deeg moet n bal vorm in kastrol, moet loskom van kante. Roer so minuut deur, laat effe afkoel....Voeg 1 eier op n keer by deeg. Klits goed na elke byvoeging. Skep teelepels vol deeg op gesmeerde bakplaat. Bak poffertjies vir 10 min by 220 grade C. en dan 25 min by 180 grade C. Waaieroonde, se baktyd kan korter wees...

Haal poffertjies uit, en maak snytjie aan die kant, dat stoom kan ontsnap. Smelt . groot blok sjokolade en klits room styf. Vul poffertjies met room en gooi sjokolade oor elke poffertjie...