Wednesday 3 December 2014

TOEBROODJIE IDEES




TOEBROODJIE IDEES
Hoender Gesondheidstoebroodjie
Gaar hoender – fyngesny
Maaskaas
Peppadews – fyn gekap - na smaak
Avokado – in dun skywe gesny
Meng hoender, maaskaas en gekapte peppadews.
Plaas op ’n snytjie varsgebakte gesondheidsbrood.
Plaas skywe avokadopeer bo-op. Geur na smaak met sout en varsgemaalde swart peper. Heerlik !
EIERBROODJIE:
Kook eiers, omtrent 1 eier vir 2 toebroodjies
Dop eiers af,
Meng met mayonaise, sout en peper
Skep dit op die broodjies
TUNA MAYONAISE:
1 blikkie tuna
Meng met mayonaise en skep op brood.
EIERSMEER:
250 g botter
3 hardgekookte eiers, fyngekap
halwe klein ui, fyngekap
25 ml pietersielie/grasui, fyngekap
1 ml sout
1 ml peper
Meng alles saam. Gebruik saam met skyfies ham of gerasperde kaas en/of tamatieskywe.
KERRIE-KAASSMEER:
200 g botter
25 ml matige kerriepoeier
350 ml gerasperde kaas
40 ml perskeblatjang
125 ml klapper
125 ml room, styfgeklits
Meng botter en kerriepoeier. Voeg kaas, blatjang en klapper by. Vou die bottermengsel by die room in. Smeer dit op soutbeskuitjies.
EIER EN SNOEKSMEER:
6 hardgekookte eiers
200 g gerookte, gevlokte snoek
125 ml room, styf geklits
50 ml gladde maaskaas
5 ml worcestersous
2 ml paprika
peper na smaak
Sny eiers in lengte deur en verwyder gele. Maak gele fyn en kap die
eierwitte afsonderlik fyn. Meng die gele en witte en voeg die snoek by.
Meng dit goed. Meng die res van die bestanddele by. Bêre die smeer in
die yskas tot voor gebruik.
KAASSMEER VIR SOUTBESKUITJIES:
1 k fyn gerasperde Cheddarkaas
50 ml mayonnaise
25 ml blatjang
25 ml pietersielie, fyngekap
25 ml gerasperde ui
2 ml Tabasco (opsioneel)
Meng alles saam en smeer dit op soutbeskuitjies.
SARDIENTJIESMEER:
100 g botter/margarien
106 g sardientjies, gedreineer en fyngedruk
10 ml suurlemoensap
25 ml fyngerasperde ui
5 ml worcestersous
1 ml sout
1 ml peper
Meng alles deeglik saam.
TUNAROOMSMEER:
200 g tuna, dreineer + vlok
5 ml ansjovissous
200 ml mayonnaise
250 ml room, geklits
2 eierwitte, styfgeklits
20 soutbeskuitjies
Meng tuna met ansjovissous en mayonnaise tot glad en fyn. Vou die room by die styfgeklitste eierwitte in. Vou die roommengsel by die tunamengsel in. Skep dit op beskuitjies en verkoel dit voor bediening.
ELVIS PRESLEY SE GEROOSTERDE GRONDBOONTJIE EN PIESANGBROODJIE:
2 snye wit brood
2 eetlepels grondboontjiebotter
1 piesang fyngemaak
2 eetlepels botter
Smeer botter op een sny brood en grondboontjiebotter op die ander
een, sit die een sny op die ander een. Smelt nou die botter (Elvis het
baconvet gebruik) in 'n pan en braai die broodjie oor lae hitte tot
goudbruin aan albei kante. Eet saam met 'n glas karringmelk.
PEUSELBROODJIES - VINNIG EN MAKLIK:
.by Kos vir kampeerders met idees vir kampering on Tuesday, June 7, 2011 at 11:40am
Lang rolletjies,'French Bread' of brood
Sny die rolletjies of brood in snye en plaas die volgende daarop: -
Bolaag #1
Rasper die volgende baie fyn - hoeveelhede na smaak - wortel, ui, agurkies.
Meng met mayonnaise en voeg bietjie kerriepoeier, sout en peper na smaak by.
Smeer bo-op broodskyfies en sprinkle bietjie kaas bo-oor.
Plaas onder die roosterelement totdat die kaas borrel en goudbruin is.
Bolaag #2
Smeer toebroodjiesmeer (sandwich spread) bo-op en sprinkle bietjie kaas bo-oor. Rooster tot goudbruin.
Bolaag #3
Plaas biltongskyfies bo-op die brood en sprinkle met kaas. Rooster tot goudbruin.
Bolaag #4
Die immergewilde tamatie-en-kaas roosterbroodjie, maar sprinkle bietjie ' Portugese Chicken Spice' of 'Cajun Spice' bo-oor die tamatie voordat jy die kaas oorstrooi.
Theresia SE Kuierplekkie