Tuesday 9 December 2014

KASERIGE SPAGHETTISPEKTERRIEN




KASERIGE SPAGHETTISPEKTERRIEN
Genoeg vir sowat 4 mense
Bereiding: 20 minute...
Gaarmaaktyd: sowat 1 uur
BENODIG:
250 g spekrepe
500 ml (2 k) gaar spaghetti
100 g fetakaas, gekrummel

100 g ricottakaas
30 g babaspinasieblare, gesnipper
sout en vars gemaalde swartpeper
3 eiers, geklits
125 ml (½ k) room
MAAK DAN SO:
Verhit die oond tot 180 °C.
1.Smeer ‘n broodpan, voer dit uit met bakpapier, laat die kante oorhang en smeer die papier. Voer dit nou uit met spek; laat die punte oor die rand hang.
2.Meng die spaghetti, kase en spinasie en geur met sout en peper. Skep dit in die pan.
3.Klits die eiers en room saam en giet dit oor die spaghetti. Vou die spek en die papier oor die vulsel en sit dit in die oond. Bak sowat 30-40 minute of tot gaar.
4.Laat staan ¹n paar minute, dop die broodjie (of terrien) uit die pan en trek die bakpapier af.
5.Sny die broodjie in skywe en sit voor met slaai.
MY WENK:
Kan beslis op die potbroodbak metode by die kamp in platboompan gedoen word.