Tuesday 9 December 2014

Hoenderslaai met koljander, grondbone en ’n jogurtsous



Hoenderslaai met koljander, grondbone en ’n jogurtsous
Genoeg vir: 6 porsies
Bereidingstyd: 30–40 minute
Oondtemperatuur: 200 °C
Gaarmaaktyd: 30 minute
Bestanddele:
• 6–7 hoenderstukke (’n verskeidenheid van boudjies, dytjies en borsies)
• 2 rooi brandrissies, gekap
• 6 knoffelhuisies, fyngekap
• 1 duim vars gemmer, gerasper
• 5 ml fyn koljander
• 5 ml fyn komyn
• 100 ml olyfolie
• 50 ml Thaise vissous
• 50 ml water
• 2 hande vol vars koljanderblare
• 1 hand vol vars mentblare
• 1 bossie sprietuie, gekap
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 300 ml Griekse jogurt
• 250 ml geroosterde grondbone, gekap
1 Voorverhit die oond. Verwyder die vel van die hoender en plaas die hoenderstukke  in ’n mengbak. Verwerk die brandrissies, knoffel, gemmer, koljander, komyn, olie,  vissous en water tot ’n gladde pasta. Smeer die pasta oor die hoenderstukke en  oondrooster dit vir sowat 30 minute of tot gaar. Laat die hoender afkoel.

2 Sit die helfte van die koljanderblare, die ment, sprietuie en knoffel in ’n voedselverwerker en kap dit rofweg. Voeg die jogurt by en meng deeglik. Geur met sout en sit dit in die yskas.
 3 Sny die hoender in growwe stukke en meng die helfte van die pansappe in  die oondroosterpan daardeur. Voeg die oorblywende koljander en die grondbone by  en meng. Laat staan tot afgekoel.

4 Om voor te sit Meng die jogurtmengsel deur die hoender en sit dit voor saam met ’n Franse brood of as toebroodjievulsel.