Monday 10 November 2014

Vrugtebola met skop




Vrugtebola met skop
 Tannie Poppie
 (Genoeg vir 40 glasies)
 Tannie Poppie se resep het baie skop en is genoeg om lafenis te gee vir ‘n horde droë kele. Om die bola ekstra-mooi te maak kan jy ysblokkies maak met eetbare blomblare, bessies, kruisementblare en vrugteblokkies. Dis bedagsaam om ook ‘n alkoholvrye weergawe te maak – vir kinders, maar ook vir Kersgaste wat hul dors alkoholvry wil les.
 4 kop suiker
 2 kop kookwater
 2 kop lemoensap
 2 steranys
 1/2 kop suurlemoensap
 1 kop gemmerbrandewyn of jenewer
 2 kop gerasperde pynappel
 2 kop sterk swart rooibostee
 2 kop grenadellamoes.
 3 liter gemmerlemonade.
 Vir versiering: ys en vars vrugte
 Opsioneel: vonkelwyn.
 Kook suiker en kookwater vir 10min. Voeg alle bestandele by, behalwe die gemmerlemonade en vonkelwyn. Koel baie goed af. Voeg lemonade en vonkelwyn net voor bediening by. Voeg ook die ys laaste by, sodat dit nie die bola te veel verdun nie. Versier met vrugte.