lsabie Templeton
Elsabie se wenner Tuna Mousse
Hierdie kan bedien word as 'n voorgereg vir 20 of 'n ligte ete vir 10 - 12 mense.
Hierdie resep is 'n wenner!
Ek maak hom al 16 jaar lank 'n hele paar keer elke jaar! ...
En dis elke jaar se Kersdag voorgereg.
Dit komplimenteer sjampanje perfek

2 x 170 g blikkies tuna - gedreineer (ek verkies die in water)
375 ml mayonnaise
1 ui - fyngekap
3 hard gekookte eiers - gekap
125 ml tamatiesous - soos in All Gold nie paste nie
30 ml ansjovis smeer (dis mos anchovy)
15 ml gelatien
60 ml warm water
60 ml yskas water
Sit tuna, mayonnaise, ui, eiers, tamatiesous en ansjovis smeer in jou menger (blender / liquidiser) en prosseseer tot fyn en glad.
Los gelatien in warm water op en gooi koue water by en gooi in menger.
Meng totdat gelatien goed deurgewerk is.
Spoel 'n vorm met koue water uit, skud water goed uit en sprei met olie sproei of Cook en Spray.
Skep die mousse in die vorm en laat oornag set in yskas. OF gooi in ‘n broodpannetjie wat met kleefplastiek uitgevoer is OF gooi in ‘n bak en stol, skep met roomys-scoop uit en bedien op individuele bordjies.
Ontvorm op mooi bord en bedien met melba toast, growwe bruin brood of sout beskuitjies soos Salticrax, want hulle breek nie so maklik as die gaste die mousse opsmeer nie.
**indien daar enigiets oorbly, dit is perfek die volgende dag vir broodjie vulsel.
Ek gebruik hierdie vis vorm (die hoeveel is genoeg vir die Tupperware ring vorm - die groot ene).