Monday, 3 November 2014

Soetsuur Varkworsies




Soetsuur Varkworsies
Metode...
600gr varkworsies
3 tamaties
1 teelepel mosterd
2 eetlepels heuning
1 suurlemoen

1 koppie water
1 ui
Braai ui in pan saam met worsies
Voeg opgekapte tamaties by asook heuning, mosterd en sap van suurlemoen
Rasper ook die suurlemoenskil in - dit gee 'n besondere smaak aan die sousie
Voeg water by indien nodig, en as sous te pap is, roer mielieblom in
Bedien saam met kapokaartappels en 'n slaai.