Thursday 13 November 2014

SPEK EN MIELIE STAPLEL PLAATKOEKIES




SPEK EN MIELIE STAPLEL PLAATKOEKIES
Bestanddele:
8 snye spek, sny in stukke
1/3 koppie fyngekapte uie
1 koppie meel
2 eetlepels gekapte vars grasuie
1 teelepel bakpoeier
½ teelepel sout
1/8 teelepel rooipeper
2/3 koppie melk
1 groot eier, geklits
1 eetlepel olie
1 koppie pitmielies
½ koppie cheddar kaas
Warm stroop of heuning vir oorgooi
1. In ‘n medium pan, braai die spek stukkies totdat hulle begin om te bruin. Voeg die ui in en braai tot spek bros is en die ui sag is Skep ‘n volle eetlepel van die spek mengsel vir bolaag uit en hou eenkant
2. Meng die meel, grasuie, bakpoeier, sout en peper in ‘n bak. Roer die melk, eier en olie in Roer die spek mengsel, mielies en kaas in . Die mengsel sal dik wees. As jy wil die plaatkoekies moet dunner wees as die foto voorbeeld, voeg ‘n bietjie meer melk by om te verdun.
3. Smeer jou pan met olie en verhit. Skep lepels vol en bak tot gaar. So ongeveer 3 na 4 of 5 minute – afhangende van hoe dik jou plaatkoekie is
4.Stapel plaatkoekies op mekaar , sprinkel van die spek en ui mengsel oor en ‘n goeie dosis van warm stroop.