Thursday 13 November 2014

SPEK EN KAAS PAKKIES IN SKILFERKORSDEEG




SPEK EN KAAS PAKKIES IN SKILFERKORSDEEG
Braai ‘n pakkie spek en kap fyn. Laat afkoel.
Maak roer eiers(6) met omtrent ‘n kwart koppie melk,sout en peper.
Laat afkoel en meng met die bacon saam met ‘n koppie gerasperde kaas....
Rol deeg uit en sny in vierkante.(jy kan as jy wil nou bietjie smeerkaas oor die skilferkors smeer (opsioneel)
Gebruik omtrent 1 eetlepel broodkrummels en sit op ‘n vierkant maar los reg rondom ‘n randjie oop vir toeplak.

Pak omtrent 2-3 eetlepels spek mengsel bo-op die broodkrummels.
Verf ‘n ander vierkant met water en plak op die een met die vulsel.
Druk die kante styf toe,sodat die kaas nie kan ontsnap nie.
Verf albei kante met olie en bak op ‘n bakplaat vir +- 10 minute op oond 180 grade.Draai pasteie om en bak weer 10 minute.
Jy kan ook saam met die uie en spek sampioene braai en bysit.