Tuesday 25 November 2014

Soentjies




Soentjies
Lewer 75 koekies
Bestanddele:
 500 g sagte botter of margarien
 500 g suiker (625 ml) (2½ k)
 4 eiers
 500 g koekmeelblom (4 k)
 500 g mielieblom (4 k)
 10 ml bakpoeier (2 t)
 5 ml sout (1 t)
Metode:
 1. Klits die botter, suiker en eiers tot lig en romerig.
 2. Sif die droë bestanddele saam en voeg by die bottermengsel.
 3. Meng tot ʼn gladde deeg.
 4. Vorm met die koekiespuit of rol in klein balletjies en druk met ʼn vurk plat.
 5. Bak goudbruin in ʼn matig warm oond (190°C).
 6. Sit die koekies twee-twee op mekaar met vanieljegeursel.