Monday 24 November 2014

Sjokoladebal-kalender



Sjokoladebal-kalender
Bereidingstyd: 4-5 uur
• 1 kg witsjokolade-skyfies...
• ronde gietvorms
• deegkwassie
• groot prenteraam
• die nommers 1-25 op papier gedruk en in sirkels uitgeknip


• lekkers of klein speelgoed
• lint en/of mooi koord
• alkant-plakband
1 Smelt van die sjokoladeskyfies. Verf ’n dun lagie sjokolade in die gietvorms. (Ons het die deksels van die PET-kolwyntjiekoppies gebruik wat by bakwinkels te kry is. Hoe meer jy het, hoe vinniger sal jy klaarkry.) Laat dit vir ’n paar minute in die yskas hard word. Gebruik ’n roteerstelsel en verf een lot gietvorms met sjokolade terwyl ’n ander lot hard word. Hou so aan tot elke vorm met drie of vier lae sjokolade geverf is. Smelt nog sjokolade soos jy vorder. Jy benodig 50 helftes.
2 Haal die helftes versigtig uit die gietvorms wanneer die sjokolade hard is. Sit ’n bord oor ’n bak met kokende water. Sit twee helftes op die bord om die rande effens te laat smelt. Sit ’n paar lekkers of ’n klein speelding in die een helfte en plak dan die twee saam om ’n bal te vorm. Sit dit in ’n muffinpan of op borrelplastiek sodat dit nie rondrol voor dit hard is nie. Hou so aan tot jy 25 balle gemaak het.
3 Bind ’n lint om elke bal se lasplek en hang dit op in die raam. Plak die nommers met alkant-plakband op die linte vas. Breek elke dag in Desember daardie dag se bal oop om jou verrassing te kry.
Bron:  Facebook / In en om die huis member shared