Tuesday 18 November 2014

Sjokolade Pannekoek Koek




Sjokolade Pannekoek Koek
(genoeg vir 4-6 pannekoeke)
Verdubbel die resep as jy dit hoog wil stapel
jy het nodig:
200 g koekmeel
1 tl bakpoeier
4 tl kakao
1/2 kop wit suiker
knypie sout
5 tl kookolie
2 tl vanilla essence
1 1/2 kop melk
1 kop styf gekopte room
4 el strooisuiker
90g donker smelt sjokolade
vars of ingelegde aarbei
so gemaak:
meng koekmeel, bakpoeier, kakao, witsuiker, sout saam
meng melk , kookolie en vanilla saam voeg by koekmeel mengsel
roer tot mooi gladde deeg
Maak 'n goeie kleefvrye pan lekker warm, gooi bietjie deeg in pan, bak tot deeg amper gestol het, gebruik eierspaan en draai versigtig om, bak vinnig vir paar sekondes.
Laat gly uit op plat oppervlat, as koud is, sprinkel met strooisuiker
Bak nog "pannekoeke" tot deeg op is, probeer eweredige skeppie te vat, dat "pannekoek' ewe groot is. Smeer nou die koeklae met room, en stapel mooi opmekaar herhaal to alles opmekaar gepak is, moenie platdruk nie, Gooi smeltsjokolade bo-oor hele "pannekoek koek" , en versier met room en aarbeie, sprinkel met strooisuiker