Friday 28 November 2014

Metaalboompies




VINNIGE IDEE: Dié Kersboompies is mooi vir op jou tafel, en jy kan hulle ook as kershouers gebruik. Dis die ideale projek as jy metaal- en foelievormpies het wat jy nie meer gebruik nie

Metaalboompies
Jy benodig...
• ’n verskeidenheid bakvormpies, pasteibakkies of spuitpunte van metaal of foelie
• hout-sosatiestokkies
• hamer en dun spykers
• silwer spuitverf


• blokkies polistireenskuim
• epoksigom
• skêr
So maak jy
1 Pak die verskillende vorms van groot na klein op mekaar soos dit vir jou mooi lyk.
2 Klein boompie Hom het ons gemaak deur ’n spyker deur die boonste metaalvormpie te kap – dis om die ster aan vas te maak. Die kopgedeelte van die spyker het ons met epoksigom aan die onderkant van die vormpie vasgeplak. Laat dit heeltemal droog word voor jy die middelste en dan onderste vormpie vasplak, ook met epoksigom.
3 Boompie met die spuitpunt Vir hom het ons ’n sosatiestokkie middeldeur gesny, dit silwer gespuitverf en toe met epoksigom op die laaste ronde vormpie vasgeplak. Toe het ons die spuitpunt in posisie vasgeplak. WENK Sit wondergom op die spuitpunt om die stokkie in posisie te hou tot die gom droog is.
4 Foelieboompie Hier het ons die sosatiestokkie deur die foelievormpies gesteek en ’n polistireen-skuimblokkie agter elkeen ingedruk om dit in posisie te hou.
5 Knip vir elke boompie ’n ster uit foelie. Draai die boom op sy sy en laat die punt van die spyker of sosatiestokkie op ’n boek rus. Skuif die los stervorm onder die punt in en wend epoksigom daaroor aan. Laat net so droog word.
Bron:  Facebook / In en om die huis member shared